Titaan (maan)

Titaan   

Titaan soos in 2011 afgeneem in natuurlike kleur. Die dik atmosfeer is geel vanweë 'n digte mis.
Wentelbaaneienskappe[1]
Periapside 1 186 680 km
Apoapside 1 257 060 km
Halwe lengteas 1 221 870 km
Wentelperiode 15,945 days
Gem. omwentelingspoed 5,57 km/s (bereken)
Baanhelling 0,34854 ° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Gem. radius 2 574,73±0,09 km (0,404 Aardes)[2]
Oppervlakte 8,3×107 km2 (0,163 Aardes)
Volume 7,16×1010 km3 (0,066 Aardes)
Massa 1,3452±0,0002×1023 kg
(0,0225 Aardes)[3]
Gem. digtheid 1,8798±0,0044 g/cm3[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
1,352 m/s2 (0,138 g)
Traagheidsfaktormoment 0,3414±0,0005[4] (raming)
Ontsnapping-
snelheid
2,641 km/s
Rotasieperiode Sinchronies
Ashelling 0
Temperatuur 93,7 K[5]
Skynmagnitude 8,2[6] tot 9,0

Titaan (Grieks: Τῑτάν; ook Saturnus VI) is die grootste natuurlike satelliet van Saturnus en die tweede grootste in die Sonnestelsel. Dit is groter as enige van die dwergplanete. Dit is die enigste maan met 'n digte atmosfeer en die enigste liggaam in die ruimte buiten die Aarde waarop duidelike bewyse van stabiele oppervlakvloeistof gevind is.[7]

Titaan is een van sewe mane van Saturnus wat in hidrostatiese ewewig is en dus rond gedruk is deur sy swaartekrag. Van dié sewe is hy die tweede verste van die planeet af. Titaan word dikwels beskryf as 'n planeetagtige maan; sy deursnee is 50% groter as dié van die Aarde se Maan en sy massa is 80% groter. Dit is die grootste maan in die Sonnestelsel naas Jupiter se Ganumedes en is groter as die planeet Mercurius, maar sy massa is net 40% van Mercurius s'n.

Titaan is in 1655 deur die Nederlandse sterrekundige Christiaan Huygens ontdek. Dit is Saturnus se eerste bekende maan en die sesde bekende maan in die Sonnestelsel, naas die Aarde se Maan en Jupiter se mane van Galilei. Titaan wentel 20 Saturnusradiusse van sy planeet af.

Titaan bestaan hoofsaaklik uit ys en rotsagtige materiaal, en het waarskynlik 'n rotskern, omring deur verskeie lae ys, insluitende 'n kors van ys en 'n laag ammoniakryke vloeibare water onder die oppervlak.[8] Nes met Venus voor die ruimtetydperk het Titaan se digte atmosfeer enige kennis van sy oppervlak verhoed, totdat die Cassini-Huygens-sending in 2004 nuwe inligting versamel het, insluitende die ontdekking van koolwaterstofmere in Titaan se poolstreke en van sy atmosferiese superrotasie, wanneer 'n liggaam se atmosfeer vinniger roteer as die liggaam self. Die geologies jong atmosfeer is oor die algemeen glad, met min impakkraters, hoewel berge en moontlik 'n paar kriovulkane waargeneem is.

Titaan se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof; kleiner dele lei tot die vorming van metaan- en etaanwolke en 'n digte mis. Die klimaat – insluitende wind en reën – veroorsaak oppervlakverskynsels soortgelyk aan dié op die Aarde, soos duine, riviere, mere, seë (moontlik van metaan en etaan) en deltas. Dit word ook oorheers deur seisoenale weerpatrone soos op die Aarde. Met sy vloeistowwe (beide bo en onder die oppervlak) en digte stikstofatmosfeer lyk Titaan se metaansiklus treffend baie soos die aarde se watersiklus, hoewel teen 'n laer temperatuur van sowat 94 K (-179 °C). As gevolg hiervan is Titaan al beskryf as die aardagtigste hemelliggaam in die Sonnestelsel.[9]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named horizons
  2. Zebker, Howard A.; Stiles, Bryan; Hensley, Scott; Lorenz, Ralph; Kirk, Randolph L.; Lunine, Jonathan I. (15 Mei 2009). "Size and Shape of Saturn's Moon Titan" (PDF). Science. 324 (5929): 921–923. Bibcode:2009Sci...324..921Z. doi:10.1126/science.1168905. PMID 19342551. S2CID 23911201. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 Februarie 2020.
  3. 3,0 3,1 Jacobson, R. A.; Antreasian, P. G.; Bordi, J. J.; Criddle, K. E.; Ionasescu, R.; Jones, J. B.; Mackenzie, R. A.; Meek, M. C.; Parcher, D.; Pelletier, F. J.; Owen, Jr., W. M.; Roth, D. C.; Roundhill, I. M.; Stauch, J. R. (Desember 2006). "The Gravity Field of the Saturnian System from Satellite Observations and Spacecraft Tracking Data". The Astronomical Journal. 132 (6): 2520–2526. Bibcode:2006AJ....132.2520J. doi:10.1086/508812.
  4. Iess, L.; Rappaport, N. J.; Jacobson, R. A.; Racioppa, P.; Stevenson, D. J.; Tortora, P.; Armstrong, J. W.; Asmar, S. W. (12 Maart 2010). "Gravity Field, Shape, and Moment of Inertia of Titan". Science. 327 (5971): 1367–1369. Bibcode:2010Sci...327.1367I. doi:10.1126/science.1182583. PMID 20223984. S2CID 44496742.
  5. Mitri, G.; Showman, Adam P.; Lunine, Jonathan I.; Lorenz, Ralph D. (2007). "Hydrocarbon Lakes on Titan" (PDF). Icarus. 186 (2): 385–394. Bibcode:2007Icar..186..385M. doi:10.1016/j.icarus.2006.09.004. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2008.
  6. "Classic Satellites of the Solar System". Observatorio ARVAL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2011. Besoek op 28 Junie 2010.
  7. Overbye, Dennis (3 Desember 2019). "Go Ahead, Take a Spin on Titan – Saturn's biggest moon has gasoline for rain, soot for snow, and a subsurface ocean of ammonia. Now there's a map to help guide the search for possible life there". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 5 Desember 2019.
  8. Robert Brown; Jean Pierre Lebreton; Hunter Waite, reds. (2009). Titan from Cassini-Huygens. Springer Science & Business Media. p. 69. ISBN 978-1-4020-9215-2.
  9. Carter, Jamie. "Welcome To Titan, Saturn's 'Deranged' Earth-Like Moon Beginning To Show Signs Of Life". Forbes (in Engels). Besoek op 10 Augustus 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search